Wessels + van Zyl Inc

Februarie Webwerf: Oorleef Jou Volgende Rekenaar Ineenstorting

Kan jy en jou besigheid bekostig om jou belangrike inligting op jou rekenaarlêers te verloor?  Jou rekenaar se hardeskyf kan die gees gee of jou rekenaar kan gesteel word, of dit kan verloor, beskadig of vernietig word. 

As jy nog steeds per hand rugsteun kopieë na ‘n ander rekenaar of na ‘n eksterne hardeskyf maak, hou die volgende in gedagte-
  1. Jy moet jou rugsteun rekenaar of eksterne hardeskyf op ‘n ander perseel stoor vir maksimum sekuriteit.

  2. Indien jy jou rugsteun kopieë weekliks skeduleer, kan jy steeds ‘n hele week se werk verloor. Selfs al mis jy net een geskeduleerde rugsteunsessie, kan dit jou duur te staan kom.

  3. Indien jy per ongeluk nuwe inligting oor ‘n lêer kopieer, kan dit vir altyd verlore wees, tensy jy ouer weergawes afsonderlik spaar en bewaar.

  4. Dit ‘n tydsame proses om rugsteun kopieë per hand te maak. Jy moet ook elke keer onthou om sodanige stoorsessie te inisieer en om die inligting van die perseel af te neem.
Een opsie is natuurlik om oor te skakel na ‘n sisteem wat outomaties en aanlyn die rugsteun bied. Op die oomblik kry CrashPlan goeie resensies. Dit kan van Code 42 se webwerf afgelaai word te https://store.code42.com/store/. Jy kan inligting op ander eksterne hardeskywe of rekenaars op jou eie perseel of van jou perseel af stoor. Jy kan ook byvoorbeeld jou tuisrekenaar en jou werkrekenaar stel om op gereelde tye rugsteun data na mekaar te stuur.  

Jy kan kies tussen die gratis weergawe of een van die betaal pakkette. Die gratis weergawe bied jou daaglikse outomatiese rugsteun kopiëring na veelvoudige rekenaars of eksterne hardeskywe, tesame met maklike toegang tot beide ou en nuwe weergawes van elke lêer. Die betaal pakkette bied jou bykomende funksies soos minuut-vir-minuut kopiëring en onbeperkte veilige bewaring van jou data in die wolk.


Uit die HAT:
 
“makietie” (Uit Sotho informeel) partytjie, fees Vanjaar vier die dorp sy 200ste bestaansjaar en die inwoners kan nie meer wag vir die groot makietie nie.



Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.