Webwerf van die Maand: Doen jou deel om Fopnuus te flous
“Beware of false knowledge; it is more dangerous than ignorance” (George Bernard Shaw)
In 2017 is Fopnuus aan die orde van die dag. Dit word veral op Sosiale Media aangetref en versprei, met oningeligte gebruikers wat dit maklik ondersteun, deel en aanstuur. Ons breine is letterlik geprogrammeer om emosioneel te reageer op enige inligting, ongeag of dit akkuraat is. Die tydskrif Time hanteer die onderwerp onder die opskrif “Why People Can't Agree on Basic Facts” wat hier beskikbaar is.
Dit is natuurlik ‘n gevaarlike reaksie. Ons kan tog nie bekostig om kritieke besluite - oor die ekonomiese vooruitsigte en die toekoms van ons besigheid, hoe om te belê, vir wie om te stem, hoe om ‘n sosiale of mediese probleem aan te pak - te maak as dit op valse inligting gebaseer is nie.
Wees dus op die uitkyk vir onwaarhede en verdraaide feite – ‘n goeie begin is die artikel “How to Spot Fake News Sites” op WikiHow.
Moet ook nie deel raak van die probleem deur sonder skroom nuus aan te stuur of te deel as daar aanduidings van oordrywing, valsheid of sensasie betrokke is nie. Kyk eers of dit nie reeds op Snopes as fopnuus aangedui word nie.
Uit die HAT:
hoeka (Nama) bywoord:
1. Lank gelede, lankal: My werk is hoeka al klaar.
2. al die tyd; tog; inderdaad: Ek het hoeka geweet jy wou nie saamgaan nie. Ledigheid is mos nou hoeka die duiwel se oorkussing.
Selfstandige naamwoord: Die verre verlede; daardie tyd. Sy is van hoeka af so.
Uit die HAT:
hoeka (Nama) bywoord:
1. Lank gelede, lankal: My werk is hoeka al klaar.
2. al die tyd; tog; inderdaad: Ek het hoeka geweet jy wou nie saamgaan nie. Ledigheid is mos nou hoeka die duiwel se oorkussing.
Selfstandige naamwoord: Die verre verlede; daardie tyd. Sy is van hoeka af so.
Provided by Hugh Raichlin Attorneys Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.