Jou Webwerf van die Maand: Hoe om spioenware op jou selfoon te vind en te verwyder
Die meeste van ons sal saamstem dat selfone vandag deel vorm van bykans elke aspek van ons lewens.
Oorweeg vir ‘n oomblik die omvang van skade wat ‘n kuberkriminieel, ‘n nywerheidspioen, of selfs ‘n kwaadwillige bekruiper of ‘n wraaksugtige eks-werknemer kan aanrig indien hulle daarin slaag om spioenware op jou selfoon te installeer. Die risiko van skade en gevaar is vir jou persoonlik, sowel as vir jou besigheid.
Kommerwekkend? Eerstens moet jy daarvan bewus wees dat die gevaar van spioenware op jou selfoon ‘n realiteit is. Dan moet jy dadelik stappe neem om jouself te beskerm.
‘n Goeie wegspringplek is hierdie gids oor -
- Wat spioenware is,
- Hoe om dit van jou selfoon en ander mobiele toestelle te verwyder.
- Wat die gevaartekens van ‘n “infeksie” is, en
Lees die artikel “How to find and remove spyware from your phone” op ZDNet.
Uit die HAT:
Sonsoeker : iemand wat (gewoonlik van ‘n kouer plek) gaan na ‘n plek waar dit warm is, met baie sonskyn, om daar te ontspan, vakansie te hou, ens. Sonsoekers op die strand.
Provided by DGA - Debra Gouws Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.