Webtuiste van die Maand: Binnekort Beskikbaar – Meer Howe Bied Mediasie-Opsies
“Agree, for the law is costly” (Engelse spreekwoord oor die reg.)
Die koste, vertraging en risiko’s wat by bestrede litigasie ter sprake is, is van die redes waarom dit dikwels meer gepas is om ‘n geskil eerder by wyse van mediasie te probeer oplos. Vra jou prokureur om jou te adviseer of jou aangeleentheid vir mediasie geskik is. Ons beskik al vir baie jare oor die opsie om “privaat mediasie” te gebruik om geskille op te los. Jy kan ook vandag ‘n dispuut na “hofgedrewe” mediasie verwys. Dit is beskikbaar by sekere landdroshowe regoor die land, óf voor óf tydens ‘n verhoor. Die getal howe wat hieraan kan voldoen, brei ook voortdurend uit.
Die lys van bestaande howe wat hierdie opsie van mediasie bied, word vanaf 1 Julie 2019 weer aansienlik uitgebrei – sien die volledige lys hier.
Uit die HAT:
Kalant: s.nw. (dikwels skertsend) iemand (veral man/seun) wat hom sleg gedra, maar van wie jy tog hou;vabond.
Klant: s.nw. iemand wat (gereeld) by iemand, ‘n winkel, ens. koop: Die winkelier het baie klante. ‘n Klant help/bedien. In hedendaagse Afrikaans word klant in hierdie betekenis dikwels deur kliënt vervang.
Kliënt: s.nw. Iemand wat van ‘n ander persoon/maatskappy/organisasie se professionele diens /raad gebruik maak.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.