Egskeiding: Hoe kan jy tussentydse onderhoud en ‘n bydrae tot jou regskostes eis.
Selfs al is jou huwelik besig om rondom jou in duie te stort, mag jy dalk huiwerig wees om vir ‘n egskeiding te dagvaar omdat jy oor jou finansiële situasie bekommerd is. Jy mag dalk bekommerd wees dat jy nie geld gaan hê om van te lewe nie. Verder is jy ook daarvan bewus dat ‘n bestrede egskeiding in sommige gevalle jare kan neem om te finaliseer. Dit terwyl dit duidelik is dat die finansieel sterker gade oor elke aspek gaan litigeer.
Hoe gaan jy jouself en jou kinders onderhou totdat die saak afgehandel is? Hoe gaan jy jou prokureurs en jou regspan betaal om die saak namens jou te behartig? Moet jy wag vir die saak om afgehandel te word voordat jy enige geld kan ontvang?
Die antwoord hierop is ‘n duidelike “nee”. Daar is ‘n relatief vinnige en eenvoudige regsremedie wat behels dat jy die hof nader vir “tussentydse verligting” in die vorm van -
- ‘n Hofbevel dat jou gade betalings aan jou maak vir –
- Onderhoud (vir jou kinders en/of jouself) hangende die afhandeling van die egskeiding,
- ‘n Bydrae tot jou koste in die egskeidingsverrigtinge,
- Onderhoud (vir jou kinders en/of jouself) hangende die afhandeling van die egskeiding,
- Tussentydse versorging van en kontak met jou kinders (indien daar enige geskille oor hierdie aspek is).
Jy mag dalk hoor dat daar met egskeidings in die Hooggeregshof na hierdie verrigtinge as ‘n “Reël 43 aansoek” verwys word (of, indien jou egskeiding in die Streekshof plaasvind, as ‘n “Reël 58 aansoek”). Dit gaan hier oor onderhoud wat toegeken word terwyl die hofsaak aan die gang is, met die tegniese term “onderhoud pendente lite”
Op hierdie stadium oorweeg die hof nog nie algemene beskuldigings, toedeling van blaam, of die gedetailleerde besonderhede van jou en jou gade se onderskeie finansiële posisies nie. Daardie ondersoeke kom eers later, wanneer die saak uiteindelik op die rol geplaas word om as ‘n egskeiding aangehoor te word. Op die voorlopige stadium wil die hof slegs weet hoeveel jy nodig het, en hoeveel jou gade realisties kan bekostig om te betaal vir tussentydse onderhoud en vir tussentydse regskostes.
‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof dien as voorbeeld …
Die hof beveel die gade wat traag is om sy finansiële posisie openlik te deel, om te betaal, sonder versuim.
- Die getroudes wat hier koppe stamp is ‘n senior uitvoerende beampte by ‘n bank en sy vrou. Sy is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres, maar sy het haar loopbaan prysgegee om ‘n tuisteskepper en moeder van die paartjie se twee kinders te wees.
- Sy het die Hooggeregshof genader en gevra vir tussentydse onderhoud vir haarself en vir hulle kinders, asook vir ‘n bydrae tot haar regskostes.
- Met die oorweging van hierdie versoeke, het die Hof ‘n paar algemene beginsels uiteengesit -
-
As daar nie probleme met die kinders se versorging en blyblek is nie, is die aspekte waaroor die Hof moet beslis eenvoudig. Die hof kyk na die “applikant se redelike behoeftes, en die respondent se vermoë om in daardie behoeftes te voorsien. Die applikant se aanspraak om onderhoud moet oorweeg word in die lig van die lewenstandaard wat die partye gedurende hul huwelik geniet het. Hierdie moet ‘n maklike en eenvoudige berekening van behoeftes en vermoëns wees.” (Eie vertaling en beklemtoning.)
- Die doel is om “die wesenlike benadeling van enige van die partye te verhoed, hangende die egskeidingsproses. Die doel is nie om presiese verantwoording te bepaal van wat deur of aan enige van die partye verskuldig is, na aanleiding van die partye of die hof se begrip van moraliteit, gepastheid, die blaamwaardigheid van die partye se optrede gedurende hul huwelik, of hul lewensgewoontes noudat hulle nie meer saam woon nie.” Die saak moet vanuit praktiese eerder as moralistiese terme oorweeg word, en die noodwendige emosionele spanning van ‘n egskeiding moenie op hierdie stadium enige rol speel nie.
-
As daar nie probleme met die kinders se versorging en blyblek is nie, is die aspekte waaroor die Hof moet beslis eenvoudig. Die hof kyk na die “applikant se redelike behoeftes, en die respondent se vermoë om in daardie behoeftes te voorsien. Die applikant se aanspraak om onderhoud moet oorweeg word in die lig van die lewenstandaard wat die partye gedurende hul huwelik geniet het. Hierdie moet ‘n maklike en eenvoudige berekening van behoeftes en vermoëns wees.” (Eie vertaling en beklemtoning.)
Watter bedrag kan so aan jou toegestaan word?
Elke saak se omstandighede en finansies is natuurlik anders. Waar partye soos in hierdie geval, ‘n hoë lewenstandaard geniet het, kan groot bedrae geld ter sprake wees.
Die Hof se toekenning in hierdie saak was aansienlik. Die Hof sê dat die man “geheimsinnig oor sy finansiële posisie is, maar daar is geen twyfel dat hy ‘n substansiële inkomste verdien nie”. Die hof bevind sy inkomste was net onder R7 miljoen in die vorige jaar – met “aansienlike hulpbronne” en ‘n geskatte netto waarde van net oor die R40 miljoen. Dit is ook duidelik dat die huwelikspaar en hul gesin ’n baie gemaklike lewenstyl gehandhaaf het.
Die uiteinde was dat die man wesentlik moes betaal het, waarvoor die vrou gevra het, naamlik ‘n onmiddellike betaling van R1.6 miljoen, en daarna verdere betalings van R108,000 per maand –
- R88,701.69 per maand vir die vrou en kinders se tussentydse onderhoud, plus skoolfondse, buitemuurse aktiwiteite, mediese fonds en mediese uitgawes
- Huurgeld tot en met R20,000 per maand, plus die koste van dienste
-
R34,656.39 vir uitgawes om hul trek te doen
-
R1,572,945.80 as ‘n bydrae tot die vrou se tussentydse regskostes.
Provided by DGA - Debra Gouws Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.