Webwerf van die Maand: Sonkrag en die versekeringsrisiko’s wat dit inhou
Met beurtkrag wat skynbaar nog vir ‘n tyd met ons gaan wees, oorweeg al hoe meer eienaars sonkrag as ‘n alternatief tot Eskom se kragnetwerk.
Wees versigtig dat jy nie in die proses jou versekeraars se reëls oortree nie. Kyk gerus na “Rules homeowners should know before installing solar power” op MyBroadband. Hierdie artikel lys vier tegniese regulasies waarvan jy bewus moet wees.
Vir praktiese raad oor hoe om in die eerste plek die sonkragkragroete te oorweeg; en hoe om daarna te werk te gaan - lees nog 'n MyBroadband-artikel “What you should know before installing solar panels and batteries at your home” hier. Bly ook op datum met die veranderende voorstelle oor Eskom, die voorgestelde aanpassings van hul gebruiklike tariewe, die moontlikheid van sogenaamde “infasseringstariewe” en ook die nuutste planne om die kragkrisis op te los.
Uit die HAT:
dagga s.nw. (botanies) Indiese hennep (Cannabis sativa) waarvan die stingelvesels gebruik word vir matte/toue/sakke en waarvan die blare gekou/gerook of in wateraftreksels gedrink word en ‘n bedwelmingsmiddel bevat wat tot geestelike afstomping lei; marijuana; wildedagga.
Provided by Dekker Prokureurs/Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.