Wat sê SARS oor Kriptobates en belasting
“The future of money is digital currency” (Bill Gates)
Die belangstelling in kriptobates is oorweldigend.
As jy dit oorweeg om kriptobates te koop, of reeds gekoop het, soos Bitcoin, Ethereum, Polkadot, Solana, of enige van die ander nuwe eenhede wat voortdurende die lig sien, moet jy ook kennis neem van die moontlike belastingimplikasies.
‘n Goeie plek om te begin is sekerlik SARS se eie nuutontwerpte webblad en wel onder “Crypto Assets and Tax” hier, wat op 27 Augustus 2021 verskyn het. Dit gee leiding oor die Inkomstediens se posisie oor die volgende vrae (met die wete dat daar nog vra en inligting gaan bykom) –
- Wat is kriptobates volgens SARS en wat behels dit?
- Moet ek belasting betaal op my kriptobates?
- Hoe gaan dit werk volgens SARS? (Met ‘n voorbeeld aan die hand van 2020/21 belastingjaar se ITR12 Belastingopgawe)
- Hoe hou die Inkomstediens rekord van transaksies met kriptobates?
- Hoe het ons by hierdie punt uitgekom?
Hierdie is ‘n ontwikkelende situasie. As jy reeds in kriptobates belê het of oorweeg om hierin te belê, veral as dit ‘n wesentlike deel van jou bates of beleggingsplanne uitmaak, stel ons voor jy kry goeie advies hieroor!
Provided by Chennells Albertyn Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.