Webwerf van die maand: Die beste ouderdom om ‘n besigheid van die grond af te kry…
Die Maatskappykantoor ( “CIPC” – “The Companies and Intellectual Property Commission”) berig dat ‘n rekordgetal van 510 000 nuwe maatskappye in 2020 opgerig en geregistreer is. Dit is 32% meer as in 2019. (Sien die Moneyweb artikel hier) Die uitdagings en die geleenthede wat die pandemie bied en die ontwrigtende invloed op die ekonomie is in hierdie getalle te sien.
Werknemers wat afgelê is moes hulself herskep en entrepreneurs raak ten einde ‘n inkomste te verseker. Ander gryp geleenthede aan wat die nuwe ekonomiese omgewing in die tyd van die pandemie meegebring het. Daar is altyd geleenthede vir diegene wat ingestel is op “ontwrigtende” vernuwing.
As jy jou eie besigheid oorweeg, het jy dalk ‘n vraagteken of jy te jonk of te oud vir so ‘n stap is? Kyk wat sê die wetenskap. Lees gerus die artikel “Science reveals the best age to start a thriving business” op Leader.co.za.
Uit die HAT:
Kristalkyker: s.nw. persoon wat in ‘n kristal staar, na bewering met die doel om sodoende ‘n beeld van die toekoms te kry. (dink ook aan kristalbal)
Provided by B. R. Sandwith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.