Jou Oktober webwerf : Belastinguitklaring – Nou aanlyn beskikbaar
SARS het hul nuwe stelsel geloods ingevolge waarvan belastingbetalers se status bevestig kan word – die nuwe sisteem heet TCS (Tax Compliance Status). Kyk gerus na die riglyne “How to Access Your ‘My Compliance Profile’ (MCP) via SARS eFiling” op SARS se
webwerf vir ‘n volledige gebruikersgids –
- Jy kan jou belastingstatus nagaan (kleurkode rooi indien daar iets uitstaande is, groen indien dit in orde is);
- Om enige belastingprobleme aan te spreek; en
- Om jou voldoeningstatus aan te spreek indien daar ‘n dispuut bestaan.
Volg die skakels aan die bokant van die bladsy “How to Request Your Tax Compliance Status” (indien jy bewys van voldoening of ‘n belastinguitklaringsertifikaat benodig) en “How to Verify Tax Compliance Status” (vir wanneer jy ‘n derde party wil magtig om ‘n bewys van voldoening of ‘n belastinguitklaringsertifikaat van die stelsel af te laai.)
Provided by Matthews Enslin Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.