Paia Handleidings: Nog ‘N Laaste Minuut Verlenging
Sommige besighede (meestal kleiner besighede) het tydelike vrystelling tot 31 Desember 2015 ontvang vir die indiening van hul PAIA handleiding. Indien jy een van hierdie besighede is, sal jy bly wees om te hoor dat die druk van jou skouers af is vir ‘n verdere vyf jaar en dat die omsetsdrempels ook aangepas is. Hierdie is die derde keer sedert 2005 dat die regering, nadat dit duidelik gestel is dat geen verdere verlengings toegestaan sal word nie, op die laaste minuut wel ‘n ommekeer gedoen het.
Wees egter bly as jy wel die moeite gedoen het om die sperdatum te maak. Jy sal ongetwyfeld nog mettertyd aan die vereistes moes voldoen het. Ten minste is een item afgemerk op jou lys van rompslomp dinge om te doen.
Die wat uitgestel het, het nou weer tot 2020 om hieraan te voldoen. Dalk is dit beter om dit in elk geval nou in te kry – dan is dit gedoen.
Is hierdie verlenging op jou van toepassing?
Die nuwe 31 Desember 2020 sperdatum geld vir die meeste klein ondernemings. Dit geld spesifiek vir enige “private liggaam”, insluitende enige private maatskappy. Dit sluit egter nie-private maatskappye uit en ook enige private maatskappye in die lys hieronder , met of -
-
50 of meer werknemers, of
- ‘n Jaarlikse omset van of meer as die spesifieke omsetsdrempels wat gelys word – sien die tabel hieronder vir meer besonderhede.
(Indien die tabel nie korrek vertoon nie, gaan gerus na die weergawe aanlyn deur op die skakel bo die komplimentêre strokie te klik)
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.