Fluitjieblasers: Wat gebeur as jou aanmelding feitelik verkeerd is?
Hierdie wet is onlangs uitgebrei en bied ook nou beskerming aan onafhanklike kontrakteurs, konsultante, agente, en ook werknemers wat deur arbeidsmakelaars aan die werkgewer beskikbaar gestel word. Werkgewers moet ook ‘n interne prosedure instel om inligting oor ongerymdhede te ontvang en ‘n beleid instel oor hoe die aanmelding van daar af hanteer moet word.
Optrede teen ‘n fluitjieblaser in die werksplek sal die werkgewer self blootstel. Indien die optrede teen ‘n geregverdigde fluitjieblaser tot sy of haar afdanking lei, word dit as “outomatiese onbillike ontslag” beskou. Dit hou in dat die werkgewer gelas kan word om vergoeding tot ‘n maksimum van 24 maande se salaris aan die fluitjieblaser te betaal.
Kon die partye nie oor die weg kom nie of is sy afgedank omdat sy ongerymdhede aangemeld het?
- ‘n Werknemer in ‘n groot organisasie het gedink dat haar junior kollegas se posisies tot ‘n laer vlak aangepas is, sonder dat hulle in die saak geraadpleeg is of in kennis gestel is. Volgens haar sou dit hul toekomstige salarisse raak en ook ‘n valse weergawe gee in die maatskappy se bemagtigingsverslae. Sy het dit opeenvolgens by senior personeel, by die maatskappy se interne ouditafdeling en laastens by senior bestuurslede aangemeld, maar sy het geen terugvoering hieroor ontvang nie.
- Sy het kort hierna ‘n afleggingsaanbod ontvang om haar werk te beëindig. Sy het dit nie aanvaar nie. Hierna is sy afgedank as gevolg van onoorkomelike verskille met haar werkskollegas.
- Sy het beweer dat haar ontslag outomaties onbillik was ingevolge die Wet op Beskermde Openbaarmakings. Die Arbeidshof het haar eis afgewys maar die Arbeidsappèlhof het haar hierna gelyk gegee. Die hof het vergoeding aan haar toegeken en die werkgewer moes aan haar agtien maande se salaris asook al haar regskostes betaal.
- Die hof kyk na ‘n paar belangrike faktore-
- Het die fluitjieblaser die aanmelding in goeie trou gemaak, volgens die voorgeskrewe prosedure, en het die fluitjieblaser redelikerwys geglo dat die aanmelding die waarheid was? Indien wel, bevind die hof, is dit ‘n beskermde aanmelding. Die fluitjieblaser hoef nie 'n feitelike basis vir sy geloof in die ontoelaatbare optrede te bewys nie. So ‘n geloof kan steeds redelik wees al blyk dit later dat die inligting in die aanmelding nie akkuraat was nie.
- Was dit onder die omstandighede redelike optrede van die fluitjieblaser om die aanmelding te maak? Die hof bevind dat die feite daarop dui dat sy wel redelik opgetree het. Die hof het die latere bewering van die werkgewer dat sy onoorkomelike verskille met haar werkskollegas sou gehad het, verwerp en beskryf dit as “nothing short of fiction and the only probability is that the appellant’s dismissal was in retaliation for her disclosure of the irregularities in the re-grading process.”
- Het die fluitjieblaser die aanmelding in goeie trou gemaak, volgens die voorgeskrewe prosedure, en het die fluitjieblaser redelikerwys geglo dat die aanmelding die waarheid was? Indien wel, bevind die hof, is dit ‘n beskermde aanmelding. Die fluitjieblaser hoef nie 'n feitelike basis vir sy geloof in die ontoelaatbare optrede te bewys nie. So ‘n geloof kan steeds redelik wees al blyk dit later dat die inligting in die aanmelding nie akkuraat was nie.
Die les vir fluitjieblasers
Die wet bied vir jou goeie beskerming. Volg die prosedures en maak seker dat jy voldoen aan die vereistes wat hierbo uiteengesit word.
Die les vir werkgewers
Al is die aanmelding wat ‘n fluitjieblaser maak, feitelik verkeerd beteken dit nie dat jy sondermeer teen hom of haar kan optree nie. Is hierdie geloof van die werknemer redelik en is die aanmelding in goeie trou gedoen? Stel ‘n beleid in plek en lig jou werknemers hiervan in. Dit is ‘n vereiste. Dit kan jou besigheid ook net goed doen as alle ongerymdhede in die werksplek aangemeld word.
Met die vergoedingsbevele wat hier teen werkgewers toegestaan kan word, behoort jy professionele advies te neem oor die feite in jou spesifieke geval.
Provided by Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.