Eiendomsagente – Nog Net 1 Jaar!
Eiendomsagente se Nasionale Kwalifikasieraamwerk moet gesertifiseer word teen óf die NQF Vlak 5 (vir prinsipale eiendomsagente) of NQF Vlak 4 (vir nie-prinsipale eiendomsagente). Hierdie sertifisering moet teen 30 Junie 2015 geskied.
U word aangeraai om ag te slaan op die waarskuwing van die Raad vir Eiendomsagentskapaangeleenthede: Daar word nie voorsien dat hierdie sperdatum weer verleng sal word nie. Die raad beklemtoon dat eiendomsagente wat nie teen die sperdatum gesertifiseer is nie, nie ‘n getrouheidsfondssertifikaat sal ontvang nie. Sodanige sertifikaat is natuurlik ‘n wetlike voorvereiste vir enige agent om die funksies en aktiwiteite van ‘n eiendomsagentskap vir die 2016 kalenderjaar te behartig.
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.