Entrepreneurs: Hierdie Opgawe Kan Jou Help
Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) het onlangs opdrag gegee dat ‘n omvattende KMO navorsingsprojek geloods word. Die projek het ten doel om vas te stel wat nodig is om KMO’s meer suksesvol te maak in Suid-Afrika. As jy nog nie deelgeneem het nie, kan jy die opname deur die volgende skakel voltooi : https://www.surveymonkey.com/s/SAICA_SME_Research.
Dit sal slegs 15 minute van jou tyd in beslag neem. Sodanige opgawe sal vir ‘n goeie doel gebruik word. Die navorsing sal gebruik word om die regering se steun te werf om daadwerklike aksie te neem om die belange en bekommernisse van die KMO’s aan te spreek. Die tydsberekening kan ook nie beter wees nie; met die onlangse aanstelling van ‘n Minister vir Kleinondernemingsontwikkeling wat duidelik gretig is om betrokke te raak met die KMO’s.
Die sluitingsdatum van die opgawe is 11 Julie.
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.