Egskeiding gedurende die Tyd van Inperking – Op watter gronde kan jy steun?
Let wel: Indien jy nie persoonlik ’n artikel oor egskeiding nuttig sal vind nie, oorweeg dit gerus om hierdie vir iemand aan te stuur wat dalk wel daarby kan baat vind.Die Nasionale Inperking het veroorsaak dat baie paartjies, wat nie noodwendig daaraan gewoond was om “24/7” in mekaar se geselskap te wees nie, skielik baie meer tyd saam moes deurbring. Hoewel sommige verhoudings sterker aan die ander kant sal uitkom, sal nie almal so gelukkig wees nie. Die vrese, angstigheid en finansiële bekommernisse wat nou oor die meeste van ons se koppe hang, maak dit ook nie makliker nie.
Indien jou huwelik een van die ongelukkiges is wat skipbreuk gely het, en berading nie kon help nie, het jy dalk tot die gevolgtrekking gekom dat egskeiding jou enigste uitweg is. Onthou dat ’n formele hofbevel nodig is voordat ‘n egskeiding regsgeldig sal wees.
Ons reg erken nie die begrip van “geregtelike skeiding” nie. Indien julle dus besluit om slegs fisies uitmekaar te gaan sonder ’n formele egskeiding, is dit noodsaaklik om professionele advies te verkry en ‘n formele ooreenkoms (“separation agreement”) te laat opstel. Dit sal gewoonlik vir ’n proefperiode van toepassing wees, maar julle kan ook op ’n langer-termyn skeiding ooreenkom.
Die drie gronde vir egskeiding
In die meeste gevalle sal paartjies ’n formele egskeiding eerder as ’n langtermyn skeidingsperiode verkies. Dit is belangrik om te verstaan dat ’n hof slegs ’n egskeidingsbevel sal toestaan waar die hof oortuig is dat ten minste een van die drie erkende gronde vir egskeiding teenwoordig is.
In die praktyk sal die meeste paartjies op die eerste grond steun, naamlik dat die huwelik “onherstelbaar verbrokkel” het. Volledigheidshalwe bespreek ons die bestaande egskeidingsgronde (aanhalings is direk uit die Wet op Egskeiding geneem).
- Onherstelbare verbrokkeling van die huwelik
Hierdie is verreweg die grond waarop die meeste gesteun word: “'n Hof kan 'n egskeidingsbevel op grond van die onherstelbare verbrokkeling van 'n huwelik verleen indien die hof oortuig is dat die huweliksverhouding tussen die partye by die huwelik so 'n toestand van verbrokkeling bereik het dat daar geen redelike vooruitsig op die herstel van 'n normale huweliksverhouding tussen hulle bestaan nie.”
Die Hof mag “enige feite of omstandighede wat op die onherstelbare verbrokkeling van ’n huwelik dui” in ag neem en mag ook getuienis aanvaar –
- Dat die gades nie as man en vrou saamgeleef het vir “’n ononderbroke tydperk van minstens ’n jaar onmiddellik voor die datum van instelling van die egskeidingsgeding nie”;
- Dat die gade wat gedagvaar word vir egskeiding, owerspel gepleeg het en dat dit vir die ander gade “onbestaanbaar met ’n voortgesette huweliksverhouding” is.
- Dat die gade wat vir egskeiding gedagvaar word “kragtens ’n vonnis van ’n geregshof tot ’n gewoontemisdadiger verklaar is en ten gevolge van daardie vonnis gevangenisstraf ondergaan.”
- Dat die gades nie as man en vrou saamgeleef het vir “’n ononderbroke tydperk van minstens ’n jaar onmiddellik voor die datum van instelling van die egskeidingsgeding nie”;
- Geestesongesteldheid
Die hof moet hier van twee aspekte oortuig wees –
- Dat die gade in ’n inrigting is, waar hy/sy kragtens ons geestesgesondheids-wetgewing opgeneem is, of aangehou word as ’n pasiënt, Presidentspasiënt of geestesongestelde veroordeelde gevangene; en dat hy/sy “vir ’n aaneenlopende tydperk van minstens twee jaar voor die instelling van die egskeidingsgeding” nie onvoorwaardelik ontslaan is nie; en
- “Na die aanhoor van die getuienis van minstens twee psigiaters, van wie een deur die hof aangestel is, dat die verweerder psigies ongesteld is en dat daar geen redelike vooruitsig bestaan dat hy van sy psigiese ongesteldheid genees sal word nie.”
- Dat die gade in ’n inrigting is, waar hy/sy kragtens ons geestesgesondheids-wetgewing opgeneem is, of aangehou word as ’n pasiënt, Presidentspasiënt of geestesongestelde veroordeelde gevangene; en dat hy/sy “vir ’n aaneenlopende tydperk van minstens twee jaar voor die instelling van die egskeidingsgeding” nie onvoorwaardelik ontslaan is nie; en
- ’n Toestand van voortdurende bewusteloosheid “weens fisiese ongesteldheid”
Weereens moet die hof hier van twee aspekte oortuig wees -
- Dat die bewusteloosheid “vir ’n ononderbroke tydperk van minstens ses maande onmiddellik voor die instel van die egskeidingsgeding geduur het”; en
- “Na die aanhoor van die getuienis van minstens twee mediese praktisyns, van wie een ’n neuroloog of ’n neurochirurg moet wees wat deur die hof aangestel is, dat daar geen redelike vooruitsig bestaan dat die verweerder sy bewussyn sal herwin nie.”
- Dat die bewusteloosheid “vir ’n ononderbroke tydperk van minstens ses maande onmiddellik voor die instel van die egskeidingsgeding geduur het”; en
Jy sal die hof bykomend moet oortuig dat “die voorsiening wat vir die welsyn van ’n minderjarige of afhanklike kind uit die huwelik gemaak is of beoog word, bevredigend is of die beste is wat in die omstandighede bewerkstellig kan word.”
Die verdeling van bates en die behoefte vir onderhoud is ook aspekte wat oorweeg moet word en hanteer moet word.
Provided by Matthews Enslin Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.