Jou webwerf van die maand: Slaap soos ‘n (groot) baba
Slapeloosheid is ‘n ernstige toestand. Dit het ‘n negatiewe invloed op jou vermoë om logies te dink en te redeneer, op jou oordeel en besluitneming, op jou aandag en gemoedstoestand. In uiterste gevalle gaan dit gepaard met depressie, angstigheid en selfs met simptome van paranoia. Oor die lang termyn is versteurde slaapgewoontes ‘n bydraende faktor tot die verhoogde risiko van demensie en Alzheimers. Chroniese slapeloosheid word selfs met ‘n korter lewe verbind. Dit kan dus letterlik jou lewe verkort.
Dit is ook algemeen. Dalk nie verbasend in die tyd en oorweldigende inligtings-era waarin ons leef nie. Meer as ‘n derde van ons dui gereeld aan dat ons probleme ervaar om aan die slaap te raak of aan die slaap te bly.
Navorsing oor slaappatrone en slapeloosheid het wel die onverwagse bevinding gemaak dat senior bestuurspersone die beste slaapgewoontes van almal van ons het. Hoe meer senior die bestuurspos, hoe beter slaap die persoon. Dit klink nie reg nie. As jy ‘n senior bestuurspos het, het jy seker baie meer stres? As jy meer stres het, gaan jy sekerlik in die aande onrustiger slaap?
Hoe doen hierdie sakeleiers dit? Hoe kan almal van ons hieruit leer?
Mindful Magazine se artikel “Senior Executives Get More Sleep Than Everyone Else” hier gee vir ons die riglyne (en ‘n eenvoudige asemhalingsoefening) oor hoe om hierdie goeie slaapgewoontes aan te leer.
Uit die HAT:
perdedokter 1. (informeel) veearts 2. (skertsend) mediese dokter wat ruwe metodes gebruik
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.