Eiendomskopers en Die Verkoper se Uitstaande Eiendomsbelasting: Moet Dit Nie Betaal Voordat Jy Regsadvies Verkry Het Nie!
In LawDotNews se April 2014 nuusbrief het ons ook hierdie omstrede situasie aangeraak. Ons het die vraag afgevra of kopers blootgestel sal word vir eiendomsbelasting wat al vir langer as twee jaar uitstaande is. Dit is die eiendomsbelasting wat nie in die munisipale uitklaringsertifikaat ingesluit is nie.
‘n Onlangse uitspraak van die Hoë Hof het hierdie vraag in die guns van kopers by eksekusieverkopings beslis. Die Hof bevind dat ‘n munisipaliteit nie slegs op sterkte van ou uitstaande munisipale skulde, kan weier om dienste soos elektrisiteit, water, sanitasie en vullisverwydering aan die nuwe koper te verskaf nie.
Dit is egter nie die laaste sê nie – beskerm jouself vanuit die staanspoor
Mediaberigte wek verkeerdelik die indruk dat hierdie uitspraak op alle eiendomsverkope van toepassing is. In werklikheid is hierdie uitspraak beperk en slegs van toepassing op oordragte wat spruit uit eksekusieverkopings. Dit gee wel vir ons ‘n aanduiding oor hoe die howe hierdie vraag in die algemeen sal hanteer; jy sal waarskynlik suksesvol op die die koper se argumente wat in hierdie hofsaak aangevoer is, kan steun.
Verkry dus eers regsadvies, alvorens jy enige ou agterstallige eiendomsbelasting namens die verkoper vereffen.
Hierdie beslissing mag dalk nie as ‘n reël deur die howe gevolg word nie of die beslissing mag dalk nog aangeveg word. Beskerm jouself dus vanuit die staanspoor. Dring daarop aan dat die verkoper ingevolge die verkoopsooreenkoms verplig word om bewyse te lewer dat alle munisipale skulde vereffen is, voordat oordrag kan plaasvind.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.