November se Webwerf: Benut en ontsluit die fontein van Kreatiwiteit
Vir sukses op persoonlike vlak sowel as op die vlak as entrepreneur, was kreatiwiteit nog altyd ‘n onontbeerlike faktor.
Dit is opwindend om te verneem dat wetenskaplikes in hul navorsing oor hoe ons breine funksioneer, al hoe meer oor ons kreatiewe vermoëns uitvind. In die proses ontdek hulle ook hoe ons, ons eie skeppingsvermoë en idees al beter kan aanwend.
‘n Artikel hieroor genaamd “7 Surprising Facts about Creativity, According To Science” verskyn op FastCompany se webwerf. In ses minute kan jy meer leer oor die navorsing en die neurowetenskap agter die sewe kragtige bronne van kreatiwiteit wat in die artikel ondersoek en geïdentifiseer word.
Steve Jobs, John Lennon, Jack Kerouac, Eugene Marais, Dalene Matthee. Hulle het hul eie bronne van inspirasie gevind. Sluit gerus by hulle aan!
Uit die HAT
“retrologisme” snw (taalkundig) woord / betekenis wat vroeër in ‘n taal bestaan het, maar nou nie meer gebruik word nie.
Provided by Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.