Jou Webtuiste van die Maand: 6 Maniere vir ‘n Klein Sake-onderneming om die Resessie te Oorleef
Ons is blykbaar oppad om ten minste ‘n jaar of twee van moeilike ekonomiese omstandighede te beleef. Klein sake-ondernemings het een belangrike voordeel teenoor groter mededingers – hul grootte hou hulle rats. Dit beteken dat klein ondernemings meer geredelik by veranderende omstandighede kan aanpas, wat hulle in ‘n posisie plaas om die geleenthede wat met verandering en uitdagings gepaardgaan, met beide hande aan te gryp.
Hier is ‘n paar goeie en praktiese idees oor hoe om daarmee te begin – “6 ways SA small businesses can survive the dire economy - which may last until 2020” is beskikbaar op BusinessInsider.
Uit die HAT:
Pasella: (s.nw) (Zoeloe/Xhosa) Iets ekstra op die koop toe; present. Ek het vir die pen betaal, maar die potlood was ‘n pasella.
(b.nw) (bw.) Sonder dat jy daarvoor (hoef te) betaal; gratis. Wanneer ‘n mens op die vliegtuig stap, kry jy ‘n koerant pasella.
Provided by Taylor and Finlay Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.