Die September Webwerf: Gryp ‘n Gegradueerde
Eweneens sal KMO’s (Klein en Mediumgrootte ondernemings) voordeel trek uit die vaardighede, jeugdige energie en kreatiwiteit van ‘n nuut gegradueerde. Dikwels word daar egter vasgekyk teen die risiko’s en kostes verbonde aan die indiensneming van ‘n persoon wat onbekend en ongetoets is.
Daar is wel die moontlikheid van ‘n wen-wen antwoord vir beide werklose gegradueerdes en die KMO’s - ‘n vaste termyn leerlingskap. Sien byvoorbeeld die “Graduate Asset Programme” by www.gogap.co.za. Hierdie program plaas en verbind besighede met gegradueerdes via ‘n gratis aanlyn portaal. Die webwerf bied ook ‘n rykdom van inligting en hulpbronne. Gaan gerus na hul webblad en laai hul aanlyn pamflet getiteld “Grab a Graduate – Get the intern advantage!” tewww.gogap.co.za/toolshed/download/111.
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.