Het Jy ‘n Belastingdispuut? Daar Is Nuwe Rëels En Vereistes
Indien jy ‘n dispuut het met die SAID, is dit van kritieke belang dat jy die regte prosedures navolg en in besonder die vereiste tydsbeperkinge nakom. Let daarop dat daar nuwe regulasies is wat gedetailleerde prosedures neerlê vir onder andere besware, Appèlle, Alternatiewe Geskilbeslegting en aansoeke na die Belastinghof.
Hierdie is ‘n gespesialiseerde veld en daar kan baie op die spel wees – neem advies van ‘n geregistreerde belastingpraktisyn indien jy enigsins twyfel.
Provided by Darrolls Attorneys, Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.