Verandering In Diensbillikheid – Is Dit Op Jou Van Toepassing?
Alle werkgewers en werknemers moet kennis neem van die nuutste wysigings aan die Wet op Diensbillikheid
Watter deel van die wet is op jou van toepassing?
- Die bepalings oor die Verbod op Onbillike Diskriminasie is op alle werkgewers en werknemers van toepassing.
- Die bepalings oor Regstellende Aksie is net op aangewese werkgewers en op werknemers van aangewese groepe van toepassing. Dit is basies Suid Afrikaanse burgers wat swart, vroulik of gestremd is.
Regstellende aksie: Is jy ‘n “aangewese” werkgewer?
Die vereiste om diensbillikheidsplanne op te stel en om stappe te neem om regstellende aksie in die werkplek te bevorder is in die algemeen in die volgende gevalle verpligtend: –
- Indien meer as 50 werknemers in diens is, of
- Waar die jaarlikse omset meer is as die bedrae wat in die onderstaande tabel neergelê is (ingevolge die nuwe wysigings is dit ‘n verhoging van 3 keer die vorige bedrae):
Omset om status as aangewese Werkgewer te bepaal |
|
(Indien die tabel nie korrek vertoon nie, gaan gerus na die weergawe aanlyn deur op die skakel bo die komplimentêre strokie te klik)
|
Wat is “Onbillike Diskriminasie”?
Alle werkgewers word natuurlik verbied om enige vorm van onbillike diskriminasie in die werkplek toe te pas. Dit is diskriminasie wat direk of indirek op die volgende gebaseer is: ras, geslag, huwelikstatus, swangerskap, gesinsverantwoordelikhede, etniese of sosiale oorsprong, kleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, oortuiging, MIV status, geloof, politieke opinies, kultuur, taal, geboorte en ook die nuwe gedeelte van enige ander arbitrêre gronde.
Nuwe bepalings oor gelyke werk, gelyke betaling
‘n Werkgewer mag nie in sy diensvoorwaardes tussen werknemers onderskeid tref (ook oor vergoeding en diensomstandighede ensovoorts) in gevalle waar –
- Die werknemers (die vergelyking is tussen werknemers van dieselfde werkgewer) dieselfde of substansieel dieselfde werk of werk van dieselfde waarde lewer, en
- Die onderskeid op enige van die verbode gronde wat hierbo gelys is, gebaseer is.
Die boetes wat vir oortredings vasgestel is, is ook drasties verhoog. ‘n Eerste oortreder kan ‘n boete van R1,5 miljoen (drie keer die vorige maksimum van R500,000) of 2% van omset (wat ook al die meeste is) opgelê word.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.