Webwerf van die maand: Jy kan jou motorlisensie nou aanlyn hernu
Hier is darem goeie nuus vir motoriste wat nie meer kans sien om elke jaar in die tou te staan om ons motorlisensies te hernu nie.
Ons vriende by die “Road Traffic Management Corporation” het 'n aanlyn betalingsportaal geloods. Hiermee kan ons nou ons lisensieskyfies op die NaTIS-aanlynplatform registreer, hernu en betaal.
Lees “New online car licence disc renewal portal launched” op MyBroadband vir meer inligting en instruksies oor hoe om hierdie nuwe fasiliteit te gebruik. Aan die einde van die artikel sal jy ook lees van die beplande slimfoon-app van die SA Poskantoor en FNB se bestaande aanlyn hernuwings- en afleweringsdienste.
Neem kennis: Dit het nie betrekking op jou bestuurderslisensiekaart nie. Daar is wel sprake van ‘n aanlyn-hernuwingstelsel vir jou bestuurderslisensiekaart wat beplan word, maar dit is nog nie gefinaliseer nie.
Uit die HAT: ligsinnig b.nw. bw. wat nie ernstig nadink oor die gevolge van sy /haar dade nie; laf; verspot: As hy sien sy is in die bus, sal hy altyd ligsinnige grappies maak om haar aandag te trek.
Provided by Dekker Prokureurs/Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.