1 Mei En Die Nuwe Bemagtigingskodes – Wat Jy Nou Moet Doen
Suid-Afrikaanse sake behoort egter hul bemagtigingstatus na te gaan en te oorweeg of hul verifikasie nie onder die huidige bedeling opgedateer moet word nie. Van die kommentators is van mening dat sommige entiteite wat reeds geakkrediteer is met twee vlakke kan daal ingevolge die nuwe kodes. ‘n Verifikasie voor 30 April 2015 sal inhou dat jou onderneming nog ‘n jaar lank op die bestaande bemagtigingsvlak kan sake doen. Hier kan baie op die spel wees, so praat gerus met die kenners op die gebied van bemagtigingsverifikasie.
Die nuwe Omsetsvlakke
Die nuwe kwalifiserende omsetsvlakke is as volg verhoog (hierdie is generiese vlakke – op sekere sektore is dit nie van toepassing nie) : -
- Vrygestelde mikro-ondernemings: Die jaarlikse omsetsvlak vir mikro-ondernemings wat vrygestel word, het van R5 miljoen se omset verdubbel na R10 miljoen se omset. Indien jou besigheid se omset in hierdie vlak voorkom, moet jy jaarliks jou omset en die stand van swart eienaarskap in jou besigheid met ‘n beëdigde verklaring verklaar. Jy sal dan outomaties as ‘n Vlak 4 gesertifiseer word (100% erkenningsvlak). Indien jou besigheid 100% in swart besit is, skuif dit op na Vlak 1 (die hoogste vlak) en na Vlak 2 indien die besigheid 51% in swart besit is.
- Kwalifiserende Klein Ondernemings (KKO): Die perk is hier aangepas van ‘n jaarlikse omset van R 35 miljoen na R50 miljoen.
- Groot Ondernemings: As jou jaarlikse omset R50 miljoen oorskry is jy ‘n “Groot Onderneming”.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.