Webwerf van die Maand: Kry jou Nuwe Besigheid vinnig van die grond af
Baie besighede moes al as gevolg van die COVID-19 pandemie hul deure sluit. Die pandemie het egter ook baie speelvelde gelyk gemaak en tot ‘n aantal nuwe besigheidsgeleenthede aanleiding gegee. Indien jy een van die belowende entrepreneurs daarbuite is wat beplan om jou eie besigheid te begin (dalk uit vrye keuse, of dalk na die sluit van ‘n vorige besigheid), wonder jy waarskynlik hoe en waar om te begin.
Bizly’s se artikel “Start a business: How to get going fast, the lean start-up way” (hier beskikbaar) deel ‘n aantal idees vir aksiebeplanning (“action planning”) met vinnige terugvoerlusse (“rapid feedback loops”) om jou besigheid vinnig en met die minimum risiko’s aan die gang te kry. Beantwoord 6 voorlopige vrae, voltooi ‘n eenblad besigheidsplan, en hou vas, jy is goed op pad!
Uit die HAT:
numero uno (woordgroep) informeel: nommer een; die heel beste; topvertoner: Sy bly maar my numero uno. (Spaans en Italiaans)
Provided by Chennells Albertyn Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.