Jou Webwerf van die Maand: Videogidse om jou eie Besigheid te Begin
"A journey of a thousand miles begins with a single step" (Laozi)
Baie van ons droom daarvan om ‘n eie florerende besigheid te begin. Nie almal neem egter die volgende stappe om hierdie ambisieuse doelwit aan te pak nie, wat nog te sê van dit te bereik nie. Dit is ook verstaanbaar. Dit is vreesaanjaend om op jou eie te gaan. Daar is menige uitdagings wat jou op die lang pad voor gaan inwag. Ons almal weet ook dat daardie eerste tree op die pad na sukses, dikwels die moeilikste een is.
So waar moet jy begin? Die internet bied ‘n magdom van nuttige bronne vir entrepreneurs (en entrepreneurs-in-wording). Die algemene beginsels van entrepreneurskap is universeel, so die Amerikaanse webwerf BusinessTown, met sy uitgebreide biblioteek wat maklik-hanteerbare videomateriaal bevat, is ‘n goeie plek om daardie allerbelangrike eerste stap te neem. Jy kan ‘n lys van videos wat tot jou betrokke behoeftes relevant is, aanpas soos jy wil, met videos onder opskrifte soos –
- “Start a business”
- “Run a business”
- “Increase sales and profits”
- “Ramp up to the next level.”
Daar is videos wat alles dek van “5 myths about starting your own business” in die “Should You Start a Business?” afdeling, tot “Finding new business ideas in the everyday” in die “Hundreds of Business Ideas - Which One Is Right for You?” afdeling.
‘n Laaste gedagte – voordat jou besigheid ‘n aanvang neem, verkry behoorlike regsadvies. Vra vrae soos “watter entiteit moet ek gebruik om my nuwe onderneming te huisves?”, “Aan watter formaliteite moet ek voldoen?”, “Watter ooreenkomste moet ek in plek hê?”, en so aan ...
Uit die HAT:
sprankel ww. 1. Lyk asof dit vonke afgee; vonkel. Die water sprankel in die helder sonlig. 2. Baie mooi / gelukkig / vrolik lyk. Jy moet sien hoe sprankel sy as haar gunstelingonderwerp ter sprake kom. 3. Sprankelende vernuf / lewenskrag. Baie goed / uitstekend. ‘n Sprankelende vertoning lewer.
Provided by Hugh Raichlin Attorneys Notaries & Conveyancers
© DotNews. All Rights Reserved.