Jou Webwerf van die maand : 5 Maniere om produktiwiteit by die kantoor te verbeter.
Suksesvolle entrepreneurs en suksesvolle korporatiewe entiteite verstaan dat ‘n gelukkige en gesonde werksomgewing ‘n produktiewe werksomgewing is. ‘n Produktiewe werksomgewing is op sy beurt ‘n belangrike faktor om ‘n winsgewende besigheid daar te stel.
Dink aan ‘n produktiewe kantoor. Wat sien jy? Hoe lyk die kleurskema, hoeveel lig is daar? Is die temperatuur gemaklik, is die geraasvlakke aanvaarbaar, is daar ‘n subtiele dog aangename geur in die lug?
Stel jou eie lys op om ‘n ware produktiewe werksomgewing te skep. Kry gerus baie goeie leiding en kyk na “5 Office Design Hacks That Will Increase Employee’s Productivity” op Dumb Little Man se webwerf.
Uit die HAT:
Skuimblusser: s.nw. Toestel om vlamme met koolsuurhoudende skuim te (kan) blus.
Provided by Matthews Enslin Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.