Webwerf van die Maand: ’n Volledige Gids vir diegene wat in 2020 van die huis af werk
Volgens Socrates is die geheim van verandering, om al jou energie daarop te fokus om die nuwe te bou, en nie die oue te beveg nie.
Baie besighede wat normaalweg hul sake vanuit ’n kantoorperseel doen, moes gedurende die inperkingsperiode noodgedwonge hul werksaamhede aanpas met personeel wat van die huis af werk. ’n Mens kan nie help om te wonder hoeveel van hierdie besighede dalk nou hul behoefte aan kantoorspasie gaan heroorweeg nie. Eerder as om na die “ou normaal” terug te keer sal sommige besighede dalk besluit dat hulle nie meer so ’n groot kantoorperseel nodig het nie, terwyl ander dalk sal begin om permanent van die huis af te werk.
Hoe dit ook al sy, indien jy en jou personeel tans van die huis af werk, is dit noodsaaklik om jul opset vir maksimum produktiwiteit en lewenskwaliteit in te rig.
Career Karma se gids, “A Complete Guide to Working from Home in 2020” (op hul webwerf beskikbaar), gee 10 wenke oor hoe om suksesvol van die huis af te werk (“How to Succeed as a Remote Worker”). Jy kan ook die gratis PDF dokument “Remote Working: The Ultimate Guide” aflaai vir die drie algemene mites rakende “werk van die huis af” waarvan beide werkgewers en werknemers kennis kan neem.
Provided by DGA - Debra Gouws Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.