Webwerf van die Maand: Hoe om ‘n Fluitjieblaser kultuur in die werkplek aan te moedig.
Waarom moedig ons dit aan?
“3 Reasons Why Whistleblowing is Important for Public and Private Companies” op die webwerf van Compliance Line hier voer aan dat werkgewers hul werknemers moet aanmoedig om enige ongerymdhede en oortredings aan te meld, want –
- “The majority of fraud is captured through Whistleblowing”. Die meeste gevalle van bedrog word deur aanmelding ontdek. Dit moet ‘n belangrike beskerming vir die besigheid teen finansiële verlies en misdadige aktiwiteite wees.
- “Whistleblowers are often close to the action and have the most important information”. Interne fluitjieblasers is dikwels naby aan die aksie en het ook toegang tot die belangrikste inligting.
- “Whistleblowing helps align people so the organization can pursue its vision and mission”. Jy beskerm jou besigheid teen twee ernstige risiko’s. Jy beskerm teen gevalle van skending van jul goeie reputasie en beskerm ook teen die negatiewe gevolge wat die oortreding van korporatiewe vereistes noodwendig meebring.
Hoe kan ons ‘n kultuur van aanmeldings aanmoedig?
“How to make whistleblowing work” op Good Corporation se webwerf bevat uitstekende voorstelle om ‘n suksesvolle stelsel vir aanmelding en fluitjieblaas te skep. Platforms soos Code Red (ontwerp ingevolge King IV se kode vir korporatiewe bestuur wat etiese leierskap aanmoedig en deelmaak van die organisasie se kultuur) of Whistle Blowers maak dit maklik om effektiewe en anonieme aanmelding aan te moedig en moontlik te maak.
Uit die HAT:
plasebo Pil of ander medisyne wat om psigologiese of navorsingsredes voorgeskryf word, maar geen fisiologiese uitwerking het nie, troosmiddel. [Latyn placere om te behaag]
plasebo-effek Verskynsel dat iemand beter voel nadat hy of sy ‘n plasebo/troosmiddel geneem het, al het dit geen uitwerking op sy/haar liggaam nie; trooseffek;troosuitwerking.
Provided by DGA - Debra Gouws Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.