Wessels + van Zyl Inc

Valutabeheer En Die Ligter Hand

Na afloop van die jaarlikse Begrotingsrede het die media meestal gefokus op maatskaplike toelaes, voordele vir mikro-ondernemings, verhoogde inkomstebelasting asook verhoogde aksynsbelastings en brandstofheffings.


Die Minister het ‘n verslapping in valuta beheermaatreëls afgekondig wat op 1 April vir Suid-Afrikaanse inwoners in werking tree. Tot op datum het dit min kommentaar opgelewer. Die veranderinge is nogal ingrypend –
  • Die jaarlikse buitelandse kapitaaltoelaag verhoog met meer as dubbel van R 4 miljoen tot R10 miljoen (R20 miljoen per familie eenheid). 

  • Die jaarlikse “diskresionêre toelaag” van R1 miljoen, bykomend tot die R10 miljoen  jaarlikse buitelandse kapitaaltoelaag kan nou vir enige wettige doel aangewend word (voorheen was daar omskrewe kategorieë wat die gebruik beperk het). 

  • Die stelsel laat individue toe om hul kredietkaarte in die buiteland te gebruik. Dit sal ook na korporatiewe entiteite uitgebrei word. 

  • Gemagtigde handelaars word nou toegelaat om korporatiewe beleggings van R 1 000 miljoen per jaar te hanteer (dit is ‘n verdubbeling van die vorige perk van R500 miljoen). Enige ongebruikte toelaes kan ook na die volgende jaar oorgedra word.


Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.