Alle Maatskappye: Wees gereed vir die Verpligte Nuwe CIPC Kontrolelys vir Nakoming
Die CIPC (Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom) het aangekondig dat sy nuwe “kontrolelys vir nakoming” vereistes, wat tot nou toe vrywillig was, vanaf 1 Januarie 2020 vir alle maatskappye en beslote korporasies verpligtend gaan wees.
Jy moet die kontrolelys voltooi voordat jou jaarlikse opgawe ingedien word. Die eerste stap is dus om vas te stel wanneer die afsnydatum vir indiening van jou jaarlikse opgawe is. ‘n Maatskappy het 30 besigheidsdae van die dag na die datum van sy registrasie om jaarliks sy kontrolelys in te dien; dit herhaal elke jaar. Vir beslote korporasies is dit twee maande, vanaf die eerste dag van die maand van registrasie, tot die einde van die volgende maand.
Teken dan in op die CIPC webwerf en vind die sogenaamde “nuwe gebruikersvriendelike diens” onder “e-Services for Customers”.
Indien jy probleme ondervind, verkry onmiddellik professionele advies. Dit is uiters belangrik hier om dinge reg te doen. Indien jy nie die kontrolelys kan voltooi nie, kan jy nie jou jaarlikse opgawe indien nie. Jou maatskappy sal dan die risiko loop van deregistrasie, aangesien die CIPC outomaties aanvaar dat jou maatskappy opgehou het om sake te doen.
Deregistrasie beteken dat jou maatskappy ophou om te bestaan. Dit het natuurlik drastiese nagevolge vir jou maatskappy, sy sakebedrywighede en ook vir jou persoonlik.
Provided by Wessels & Smith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.