Dit is nou weer makliker om Suid-Afrika met kinders te besoek – Dit is hoe dit werk.
“We're all going on a summer holiday…” (Cliff Richard)
Met die Feesseisoen (en die Somervakansie!) net om die draai, het jy dalk familie of vriende vanuit die buiteland genooi om jou saam met hul kinders te kom besoek. Of dalk is jy ‘n buitelander wat ‘n familievakansie in Suid-Afrika beplan. Hoe dit ook al sy, daar is darem goeie nuus in die vorm van ‘n welkome toegewing deur die regering oor die dokumentasie wat jy gaan benodig om die land binne te kom.
In ‘n neutedop – buitelandse kinders kon tot nou toe slegs die land binne kom met volledige geboortesertifikate (“unabridged birth certificates”) en toestemmingsbriewe. Hierdie vereiste is nou vanaf 8 November 2019 vir kinders wat deur iemand begelei word, opgesê – (sien volledige besonderhede in die tabel hieronder).
Die Departement van Binnelandse Sake het hierdie welkome nuwe ontwikkeling reeds aan alle partye gekommunikeer. Die belangrikste is natuurlik die immigrasie amptenare by die verskeie punte van binnekoms wat die nuwe reëls moet toepas. Indien jy die dokumentasie reeds byderhand het, kan dit nie skade doen om dit in elk geval saam te bring vir ingeval daar navrae is nie. Indien julle visas nodig het sal julle die dokumente in elk geval tydens jul aansoek moet voorlê.
Suid-Afrikaanse kinders (asook buitelandse kinders, sonder begeleiding) moet steeds ‘n lys van vereiste ondersteunende dokumente lewer – sien hieronder.
Let daarop dat hierdie slegs ‘n oorsigtelike opsomming is. Dit is uiters belangrik dat jy die DBS tabelle hieronder vir die volledige besonderhede bestudeer. Vra jou prokureur vir advies indien jy dink dat enige van die uitsonderings dalk van toepassing mag wees, indien jy dit moelik vind om te verstaan wat vereis word, of indien jy nie die nodige dokumentasie bymekaar kan kry nie.
“DOKUMENTE WAT NODIG IS VIR KINDERS WAT DEUR ‘N PUNT VAN BINNEKOMS IN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA REIS”
“(Bron – Department of Home Affairs)”
Provided by Wessels & Smith Inc.
© DotNews. All Rights Reserved.