Die April Webwerf: Pla Direkte Bemarkers Jou Nog Steeds? Jy Kan ‘n Einde Hieraan Maak
As jy vind dat jy met direkte oproepe en ongevraagde SMSe oorval word en dat jy voortdurend en ongevraagd gemorspos oor die internet ontvang; ook deur tradisionele pos, kan jy elke organisasie of persoon kontak wat jou kontak met die versoek om jou van hul databasis af te haal. Dit behoort egter meer effektief te wees om op die Direkte Bemarkingsvereniging van Suid-Afrika (“DMA”) se webwerf te registreer. Die webwerf is te vinde by
https://www.nationaloptout.co.za/ en ‘n eenmalige registrasie behoort voldoende te wees.
Jou besonderhede word dan gevoeg by die Nasionale Databasis van diegene wat uitdruklik aangedui het dat hulle nie gekontak wil word nie. Lede van DMA sal en mag jou ook nie meer kontak of lastig val nie.
Daar is ook verskeie opsies – jy kan self kies of jy van alle ongevraagde kommersiële boodskappe en kontak wil ontsnap en of daar nog sekere kanale of industrieë is, waaroor jy wel nog inligting van wil hê.
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.