Wessels + van Zyl Inc

Entrepreneurs – Jy Het Nog Tyd tot 2 April Om Kleiner Sake se Posisie Te Verbeter

Minister Lindiwe Zulu, Minister van Klein Sake Ontwikkeling behoort ons eerder daarna te streef om ‘n nasie van entrepreneurs te wees as om ‘n nasie van werksoekers te wees.
     
Is jy betrokke by ‘n klein- of mediumgrootte onderneming(“KMO”) wat vasval in burokratiese rompslomp van die regering se kant af? Ervaar jy onvoldoende belastingaansporings of net ‘n algemene gebrek aan steun vir jou opkomende besigheid?

Daar is darem ‘n manier waarop jy jou stem kan duidelik maak. 
 
SAIGR (Die Suid Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters) dui aan dat hulle wel die regering se beleide en standpunte oor KMO’s positief kon beïnvloed met inligting wat hulle uit hul 2014 navorsing kon aanbied. Hulle het nou ‘n 2015 vraelys opgestel om vas te stel watter verdere uitdagings KMO’s moet hanteer. Hulle wil ook vasstel wat groter ondernemings en die regering kan doen om KMO’s by te staan. Dit alles op die veronderstelling dat KMO’s wesentlik kan bydrae tot ekonomiese groei wat ook sal lei tot verhoogde vlakke van werkskepping en indiensneming. 

Indien jy wil bydrae met jou terugvoering en insette, doen dit gerus. Jy behoort dit in minder as 20 minute te kan voltooi en wel by https://www.surveymonkey.com/r/SMERESEARCH2015.


Doen dit nou.
 Die sluitingsdatum is 2 April 2015.


Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.