Drink en Bestuur is uit! Die limiete, die risiko’s en wat jy moet doen as jy gearresteer word.

Statistieke wys dat ten minste 50% van alle padsterftes in Suid-Afrika alkoholverwant is. Ons kan dus aanvaar dat die owerhede oor die Feesseisoen aktief gaan wees met hul padblokkades. 

Wat kan gebeur as dit blyk dat jy bestuur terwyl jy die toegelate vlakke oorskry? 

Jy staar die volgende in die gesig –
  • Onmiddellike arrestasie en aanhouding 

  •  ‘n Verpligte bloedtoets

  • Vervolging in die hof (met die moontlikheid van swaar boetes, selfs gevangenisstraf in ernstige gevalle)

  • Indien jy ‘n ongeluk gemaak het en in die proses iemand se dood veroorsaak het, kan jy vir moord aangekla word, eerder as vir strafbare manslag 

  • Jou bestuurderslisensie kan opgeskort word 

  • ‘n Kriminele rekord (jy sou na 10 jaar kon aansoek doen vir die skrapping van die misdaadrekord) 

  • Wat ookal in die hofsaak gebeur, indien jy ‘n ongeluk veroorsaak waarin iemand beseer word of selfs tot sterwe kom, gaan dit lewenslank op jou gewete wees. Om te bestuur terwyl jy onder die invloed van alkohol is, is ‘n keuse wat jy maak. Jy sal met die gevolge daarvan moet saamleef. 

Dit is hoe jy die angs en risiko kan verwyder –
  1. Die ooglopende oplossing – moet nie bestuur nadat jy gedrink het nie. Die toegelate vlakke is as volg: BLOED 0,05 gram alkohol per 100 milliliters; of ASEM 0,24 milligram per 1,000 milliliters.  Vir professionele bestuurders is die beperkings nog laer (0,02 gram en 0,10 milligram respektiewelik).

  2. Onthou dat die aanduidings wat mens kry oor wat veilig is om te drink slegs ‘n benadering kan wees. Bly onder die aangeduide getal drankies deur die loop van die aand en wissel dit af met water of sap of energiedrankies – die alkoholvrye weergawe. 

  3. As julle nie ‘n genomineerde bestuurder het wat nie gaan drink nie, gebruik dan eerder ‘n huurmotor, Uber, Taxify, Tuisbestuurdiens ensovoorts – gerieflik, goedkoop, maklik en verantwoordelik. 
Wat as jy gearresteer word?  Vir goeie advies sien gerus die artikel : “Drunk driving in SA: Jail, criminal record and huge fines” wat beskikbaar is op Wheels24.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.