Webwerf van die Maand : 5 Eenvoudige maniere om jou vakansie te geniet en om jou nie oor werk te bekommer nie

Ons begin eersdaags afskaal na ‘n besige 2017. Dit is dan ‘n goeie geleentheid om asem te skep, om te ontspan en om ons batterye te herlaai vir die nuwe jaar van 2018 wat wink.
 
Of jy nou ‘n werknemer, kontrakteur, entrepreneur of maatskappydirekteur is, hier is ‘n vinnige stuk om te lees “5 simple ways to enjoy the holiday break and not worry about work” op Robert Half se blog. Ons gunsteling is die Bonuswenk – “Go Bush”!  

Ns. Indien jou vakansie inhou dat jy ook ‘n feesmaal of twee gaan geniet, kyk gerus na die video van Times Magazine  “Eating Too Quickly May Be Bad for Your Health”.
Disclaimer
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.