Jou Julie Webwerf: Beskerm jou privaatheid aanlyn met “Privacy Badger”
Jy kan oorweeg om “Privacy Badger” te installeer. Dit is tans slegs beskikbaar vir Chrome en Firefox. Jy kry dit van die EFF, nie die rooi beret’s nie, maar wel die organisasie “Electronic Frontier Foundation”. Dit kan afgelaai word van hul webwerf te https://www.eff.org/privacybadger.
Privacy Badger werk deur onsigbare spioeneringsprogramme te blokkeer. Dit pas aan na aanleiding van jou eie gebruik en jy kan ook self besluit hoe enige spesifieke webwerwe hanteer moet word.
Nota: Indien enige van jou toepassings of programme nie meer werk nie, sal dit nodig wees dat jy van die Privacy Badger opsies moet stel of selfs tydelik afskakel.
Uit die HAT
Skarebefondsing s.nw. Befondsing van ‘n onderneming/projek, dikwels vir ‘n goeie doel, deur ‘n klomp mense oor te haal om klein bedrae geld daarvoor te skenk, veral deur middel van die internet en sosiale media.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.