Werkgewers: Wanneer moet jy skelm Werknemers dagvaar? ‘n Voorbeeld van R33 miljoen
“It is the duty of an employee when rendering his or her services always to act exclusively in the interest of the employer … an employee is not entitled to use his or her employment relationship with the employer without the employer’s permission to make a profit or earn commission for his or her own account” (Geneem uit hierdie hofsaak.)
Werknemers geniet ingevolge ons arbeidsreg sterk beskerming, maar werkgewers het ook doeltreffende remedies tot hul beskikking wanneer werknemers bedrieglik optree.
In ‘n onlangse saak het die hof ‘n werknemer beveel om R33 miljoen se “geheime winste” aan sy werkgewer terug te betaal en ook verdere skadevergoeding bepaal.
Verkoopsgeleenthede weggelei en geheime winste
- ‘n Vervaardiger het ‘n Bestuurder (“Key Accounts Manager”) as sy agent aangestel om sake met sy klante te hanteer. Hy word basies met ‘n onbeperkte diskresie en minimale bestuursoorsig toevertrou om na sy werkgewer se belange om te sien.
- Sy werkgewer dagvaar hom in die Hooggeregshof omdat hy na bewering beide die verpligtinge in sy dienskontrak sowel as sy plig teenoor sy werkgewer verbreek het. Dit het hy gedoen deur eerstens van die werkgewer se produk aan klante te verkoop teen pryse laer as die minimumpryse, en tweedens deur sy eie maatskappye te gebruik om die produkte te verkoop. Hy het homself dus op hierdie bedrieglike wyse in die geheim ten koste van sy werkgewer bevoordeel.
- Die werknemer se ontkenning dat hy verkeerd opgetree het, het die Hof nie beïndruk nie. Die Hof beslis dat die werknemer “duidelik onder ‘n algemene verpligting was om die beste vir sy werkgewer te doen en om die eiser se besigheid in goeie trou en tot die werkgewer se voordeel te bedryf”. In werklikheid het die werknemer “sy fundamentele verpligting van lojalitieit en goeie trou aan sy werkgewer, verbreek.”
- Die eis vir geheime winste. Die Hof het die werknemer beveel om sy geheime winste van R33,291,599.24 (minus enige “bedrae betaal om sulke winste te genereer” insoverre dit deur die werknemer bewys kan word) aan sy werkgewer oor te betaal. Die hof beslis dat die werkgewer die drie elemente wat nodig is om met so ‘n eis suksesvol te wees, bewys het -
- Die werknemer staan onder ‘n fidusiêre plig (‘n plig om eerlik en met die uiterste goeie trou op te tree) teenoor die werkgewer,
- In die verbreking van hierdie verpligting het die werknemer homself in ‘n posisie geplaas waar sy plig teenoor sy werkgewer en sy persoonlike belang in konflik met mekaar was, en
- Hy het geheime winste gemaak uit korporatiewe geleenthede wat aan sy werkgewer behoort het.
- Die werknemer staan onder ‘n fidusiêre plig (‘n plig om eerlik en met die uiterste goeie trou op te tree) teenoor die werkgewer,
- Die eis vir skadevergoeding was vir verliese op die produkte wat aan klante verkoop is teen pryse aansienlik minder as die werkgewer se basisprys. Dit is duidelik gedoen om [die werknemer] se geheime wins-genererende aktiwiteite te bevorder. Die Hof beslis dat as dit nie was vir die werknemer se verkeerde optrede nie, die klante die produk sou aangekoop het teen nie minder as die basisprys nie. Die hof ken gevolglik skadevergoeding aan die werkgewer toe in die bedrag van R9,407,651.05 (om by die R33 miljoen eis gevoeg te word wanneer dit betaal word).
Om dit in te vryf...
Om verder sout in die werknemer se wonde te vryf, is hy ook beveel om die regskostes te betaal. Die rekening gaan omvangryk wees en dit sluit in -
- Regskostes op die bestraffende skaal soos tussen “prokureur en kliënt”. Volgens die Hof is dit ‘n gepaste bevel in die lig van die “geheime en onwettige aard van die skema wat die verweerder vir vier jaar ten koste van sy werkgewer bedryf het”.
- Die koste van oudiovisuele toerusing wat tydens die verhoor gebruik is, en
- Die aansienlike reis- en onderhoudskoste van die werkgewer se regspan asook hul ses getuies wat almal van Gauteng na Kaapstad vir die verhoor gereis het.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.