Webwerwe van die Maand: Begroting 2019 - ‘n Verskeidenheid van Belasting “rekenaars” (en ‘n Belastinggids)
“People who complain about taxes can be divided into two classes: men and women” (Anoniem)
- Hoe lank moet jy vandag vir die belastinggaarder werk?
Sleutel jou salaris in op die 2019 Tax Clock calculator en vind uit hoeveel ure jy vandag gaan spandeer om vir die belastinggaarder te werk. Bepaal presies wanneer jy uiteindelik vir jouself gaan begin werk (wees gewaarsku – dit is nie ‘n mooi prentjie nie!)
- Hoe gaan jou inkomstebelasting verander?
Sleutel jou maandelikse belasbare inkomste in op Fin24 se Begroting 2019 Income Tax Calculator om uit te vind.
- Hoeveel gaan jy hierdie jaar ekstra vir “sonde-belasting" betaal?
Bereken hoeveel meer jy vir wyn, bier, sterker drank en sigarette sal moet betaal (of hoeveel jy gaan bespaar indien jy gaan terugsny of ophou) met Fin24 se 2019 Begroting Sin Tax Calculator.
- Jou Sakpas Belastinggids, “Uit die perd se bek”
Laai die amptelike SAID Begroting 2019 Belastinggids af van die Nasionale Tesourie se webwerf hier.
Uit die HAT:
Bemiddeling : handeling van bemiddel, tussenkoms, mediasie
Bemiddeling in ‘n egskeidingsproses behels ‘n gesprek (proses) waartydens beide die man en die vrou met die hulp van ‘n bemiddelaar elk die geleentheid kry om sy/haar sê te sê.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.