Dagga – Arrestasie bly ‘n moontlikheid
Waar staan ons?
- Dit bly steeds onwettig om dagga te kweek, te verskaf of te gebruik sonder die nodige magtiging an die Departement van Gesondheid (sien hieronder).
- Medisinale dagga
-
Pasiënte wat dagga vir persoonlike, medisinale gebruik benodig, kan op ‘n individuele grondslag vir spesiale permitte aansoek doen. (Drie permitte is nodig).
- Tot op hede het die Medisynebeheerraad nog net een cannabis gebaseerde medisyne in terme van Skedule 6 goedgekeur. Dit bevat sintetiese cannabinoïede (Dronabinol) en dit kan slegs met ‘n voorskrif verkry word. Die verbouing van medisinale dagga bly steeds onwettig.
- Die Medisynebeheerraad is egter besig om ‘n gedetailleerde reguleringsraamwerk op te stel vir aansoeke vir lisensies en permitte vir die verbouing, produksie en vervaardiging van medisinale cannabisprodukte. Totdat ons Parlement die nodige wetgewende wysigings aangeneem het, sal geen permitte vir die kweek en verbouing van dagga uitgereik word nie. Die Raad se huidige konsepriglyne vir produsente bevat ook baie streng vereistes en kontroles wat die aantal boere wat aan hierdie vereistes kan voldoen, drasties inperk.
-
Pasiënte wat dagga vir persoonlike, medisinale gebruik benodig, kan op ‘n individuele grondslag vir spesiale permitte aansoek doen. (Drie permitte is nodig).
- Wat van die nuutste verweer dat jy daggga by jou huis mag gebruik?
Ondanks sommige mediaberigte, het die onlangse hoëprofiel uitspraak van die Wes-Kaapse Hoë Hof nie die besit en gebruik van dagga wettig gemaak nie. Die hof het wel die betrokke wetgewing ongrondwetlik bevind. Die hof bevind dat enige volwassene wat van ‘n dagga-verwante oortreding aangekla word, hom op sy reg op privaatheid kan beroep. Dit is vir die gebruik, besit, aankoop of verbouing van cannabis in ‘n privaat woning, vir die persoonlike verbruik deur ‘n volwasse persoon.
Die hof het dit baie duidelik gemaak dat die bekamping van dwelmhandel steeds prioriteit geniet. Die kwaadaardige en die sosiaal vernietigende aktiwiteite van dwelmhandelaars moet nog steeds teengewerk word. Die hof se bevindinge is dus nie in stryd hiermee nie. Hierdie uitspraak is slegs gerig op die optrede van individue binne die privaatheid van hul eie wonings. Die verweer is slegs beskikbaar vir volwassenes wat ingeligte besluite kan neem. Dit is beslis nie vir kinders bedoel nie.
Hierdie sogenaamde verweer is slegs beskikbaar (indien enigsins, sien hieronder), vir volwassenes wat dagga in die privaatheid van hul eie wonings en vir persoonlike gebruik wil kweek. Enige ander vorm van verbouing, besit, verskaffing of gebruik van dagga bly steeds strafregtelike oortredings en sal steeds vervolg word.
Die bevinding van die Wes-Kaapse Hoë Hof dat dit ongrondwetlik is (die hof het sy eie verklaring vir twee jaar opgeskort) word nou na die Grondwetlike Hof verwys wat die beslissing moet bevestig of moet omkeer. Daarna sal die Parlement die toepaslike wetgewing moet wysig, indien nodig. Ons sal nog sien of die proses uiteindelik sal lei tot die volle dekriminalisering van die gebruik en besit van dagga.
- Oortreders loop steeds die gevaar van arrestasie; selfs by die huis
Intussen het die SAPD aangedui dat totdat die Grondwetlike Hof hieroor beslis het en totdat die wysigings aan wetgewing aangebring is, hulle steeds oortreders gaan arresteer, selfs vir oortredings in hul eie huise. Wat die Nasionale Vervolgingsgesag aanbetref is daar ten tyde van die skrywe hiervan, nog geen duidelikheid oor hoe toekomstige vervolgings hanteer sal word nie. Die veiligste is dus om nie eers te begin dink aan die verbouing en gebruik van dagga by jou huis nie. Die risiko van arrestasie en vervolging bestaan steeds.
- Wat van jou werkplek?
Cannabis bly steeds ‘n onwettige dwelm in Suid-Afrika. Die sogenaamde “verweer” teen strafregtelike vervolging is slegs van toepassing op die besit en gebruik van dagga by jou eie huis. Dit is nie van toepassing by jou werkplek nie en die statutêre en werkplekbeperkings teen die gebruik van dagga bly dus onveranderd. Jou werknemers kan gevolglik nie met ‘n daggazol in die hand by die werk opdaag en beweer dat hul optrede wettig is nie – dit is nie die geval nie.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.