Binnelandse Sake Se Immigrasie Regulasies – Sekere Vereistes Uitgestel
Die Departement van Binnelandse Sake het aangekondig dat twee van hul nuwe vereistes vir reisende minderjariges tot 1 Junie 2015 uitgestel word. Die reëls vereis dat kinders wat op reis wil gaan, ‘n volledige geboortesertifikaat en ook die skriftelike toestemming van beide ouers of voogde by hulle moet hê, wat hul reisplanne goedkeur.
Met die vertragings wat binne die departement se stelsel aangetref word, maak dit net sin om volledigheidshalwe nou reeds aansoek te doen vir volledige geboortesertifikate vir jou kinders – of jy reisplanne in gedagte het of nie.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.