Direkteure – Omgewingswetgewing En Die Risiko Van Persoonlike Aanspreeklikheid
Die regering en ons howe neem die beskerming van ons omgewing ernstig op, met die bepalings van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (“NEMA”), wat streng toegepas word.
‘n Nuwe wysiging aan die wet maak nou daarvoor voorsiening dat direkteure van maatskappye en lede van beslote korporasies gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou kan word “for any negative impact on the environment, whether advertently or inadvertently caused by the company or close corporation which they represent, including damage, degradation or pollution”.
Die risiko is hoog
Direkteure en lede kan persoonlik aanspreeklik gehou word – die geldwaarde van skade en rehabilitasie-onkostes kan miljoene rande beloop. Dan is daar ook strafregtelike aanspreeklikheid by skuldigbevinding – boetes van tot R10 miljoen en/of gevangenisstraf van tot 10 jaar kan opgelê word.
Die betrokke wetgewing maak ook voorsiening vir die beskerming van fluitjieblasers wat enige ongerymdhede en vergrype aan die lig bring. (Sien ook gerus die opvolgende artikel hierna.)
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.