Februarie Webwerf: Oorleef Jou Volgende Rekenaar Ineenstorting
As jy nog steeds per hand rugsteun kopieë na ‘n ander rekenaar of na ‘n eksterne hardeskyf maak, hou die volgende in gedagte-
- Jy moet jou rugsteun rekenaar of eksterne hardeskyf op ‘n ander perseel stoor vir maksimum sekuriteit.
- Indien jy jou rugsteun kopieë weekliks skeduleer, kan jy steeds ‘n hele week se werk verloor. Selfs al mis jy net een geskeduleerde rugsteunsessie, kan dit jou duur te staan kom.
- Indien jy per ongeluk nuwe inligting oor ‘n lêer kopieer, kan dit vir altyd verlore wees, tensy jy ouer weergawes afsonderlik spaar en bewaar.
- Dit ‘n tydsame proses om rugsteun kopieë per hand te maak. Jy moet ook elke keer onthou om sodanige stoorsessie te inisieer en om die inligting van die perseel af te neem.
Jy kan kies tussen die gratis weergawe of een van die betaal pakkette. Die gratis weergawe bied jou daaglikse outomatiese rugsteun kopiëring na veelvoudige rekenaars of eksterne hardeskywe, tesame met maklike toegang tot beide ou en nuwe weergawes van elke lêer. Die betaal pakkette bied jou bykomende funksies soos minuut-vir-minuut kopiëring en onbeperkte veilige bewaring van jou data in die wolk.
Uit die HAT:
“makietie” (Uit Sotho informeel) partytjie, fees Vanjaar vier die dorp sy 200ste bestaansjaar en die inwoners kan nie meer wag vir die groot makietie nie.
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.