Kan Die Skuld Op Jou Eiendom Dan Geregtelik Gekanselleer Word?
“Hoe ‘n beampte van die bank kon dink dat hier ooit winsgewend geboer kon word, slaan my dronk. Die geld is eerder in ‘n bodemlose put gestort.” (Vry vertaling uit uitspraak hieronder.)
Leen jy of jou organisasie geld aan die publiek uit? Of het jy van jou kant af fondse geleen (dalk met jou eiendom as sekuriteit) en staar jy nou finansiële probleme in die gesig? Neem dan kennis van ‘n onlangse uitspraak van die Hoë Hof. Hier het die hof ondersoek ingestel na die omstandighede waarin ‘n bank ‘n groot bedrag geld aan ‘n bejaarde egpaar geleen het. Hulle was afgetredenes wat op hul klein stukkie grond geboer het. Die hof bevind onomwonde dat die bank “roekeloos” opgetree het deur die lening goed te keur. Die hof gaan dan verder deur die lenings tersyde te stel en die verbande oor die eiendom te kanselleer.
Die pensioenarisse wat gaan boer het en die bank wat hulle befonds het
Roekelose lenings – die verbruikers kry die voordeel en die bank moet R1,74 miljoen afskryf
Die uiteinde van die hofsaak was dat die egpaar slegs verantwoordelik gehou is vir die bank se koste om die bestaande verbande te kanselleer. Die hof het beveel dat die bank die lenings self moet terugskryf en die skuld is gekanselleer. Die bank is dus die volle bedrag van die lening van R1,74 miljoen en ook die rente en die regskostes kwyt.
Banke en ander kredietverskaffers – dit is uiters belangrik om weer krities na julle kredietbeleid en -prosedures te kyk.
Die pensioenarisse wat gaan boer het en die bank wat hulle befonds het
- Die egpaar het hul pensioengelde gebruik om ‘n kleinhoewe aan te koop om dit in ‘n kleinskaalse boerdery te ontwikkel. Die egpaar het kontantvloei probleme ervaar, waarna hulle by die bank aangeklop het vir ‘n lening. Die bank het die aansoek vir die lening goedgekeur. Die bank het wel die lening verseker deur twee verbande oor die eiendom ten bedrae van R1,154 miljoen te registreer. Die bank het ook ‘n persoonlike borgstelling van die egpaar se volwasse dogter aangevra as sekuriteit en dit verkry.
- Die boerdery was oënskynlik van dag een af in finansiële moeilikheid. Soos dinge maar werk het die bank uiteindelik die hof genader vir ‘n hofbevel om die eiendom in eksekusie te verkoop. Die egpaar en hul volwasse dogter het skielik die risiko geloop om alles te verloor.
- In die proses het die volgende feite na vore gekom –
- Die enigste vaste inkomste waarop die egpaar kon staat maak, was ‘n annuïteit wat R647 per maand uitbetaal het,
- Die egpaar was van lenings van hul familielede afhanklik om hul maandelikse onkostes te dek,
- Op die stadium wat die lenings toegestaan was, was die egpaar reeds afgetree. Teen die einde van die lening se 20 jaar tydperk sou hulle onderskeidelik 85 en 80 jaar oud gewees het,
- Die bank het verkeerdelik die volwasse dogter se inkomste in aanmerking geneem om die bekostigbaarheid van die lening vir die egpaar te oorweeg,
- Die boerdery se vooruitsigte op sukses was nie op enige stadium rooskleurig nie.
- Die enigste vaste inkomste waarop die egpaar kon staat maak, was ‘n annuïteit wat R647 per maand uitbetaal het,
- Die hof wys daarop dat die Nasionale Kredietwet (NKW) ‘n kredietverskaffer verplig om ‘n verbruiker se middelle, vooruitsigte en verpligtinge op ‘n rasionele en redelike wyse te evalueer, voordat krediet toegestaan kan word. Die hof bevind dat die bank in hierdie geval versuim het om dit te doen. Die oorweging van die aansoek op die objektiewe feite was nie redelik gedoen nie, die bank se optrede was eerder “irrasioneel”.
- Die bewyslas rus op die skuldenaar, in hierdie geval die egpaar, om enige bewerings van roekelose uitlening te bewys. Hier het die egpaar die hulp van ‘n deskundige getuie ingeroep. Hierdeur kon hulle aantoon dat die lenings roekeloos toegestaan was en gevolglik tersyde gestel moes word of opgeskort moes word in gevolge die bepalings van die Nasionale Kredietwet.
- Die hof oorweeg die omvang van die roekeloosheid, die feit dat die egpaar bejaardes was en die feit dat die kleinhoewe hul enigste huis was.
- Na oorweging van al die feite en die beginsels het die hof nie net die betalings van die lenings in geheel opgeskort nie, maar het die lenings heeltemal tersyde gestel.
Roekelose lenings – die verbruikers kry die voordeel en die bank moet R1,74 miljoen afskryf
Die uiteinde van die hofsaak was dat die egpaar slegs verantwoordelik gehou is vir die bank se koste om die bestaande verbande te kanselleer. Die hof het beveel dat die bank die lenings self moet terugskryf en die skuld is gekanselleer. Die bank is dus die volle bedrag van die lening van R1,74 miljoen en ook die rente en die regskostes kwyt.
Banke en ander kredietverskaffers – dit is uiters belangrik om weer krities na julle kredietbeleid en -prosedures te kyk.
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.